img Leseprobe Leseprobe

Bram Fischer Wals

'N Toneelstuk

Harry Kalmer

PDF
ca. 17,99
Amazon iTunes Thalia.de Hugendubel Bücher.de ebook.de kobo Osiander Google Books Barnes&Noble bol.com Legimi yourbook.shop Kulturkaufhaus ebooks-center.de
* Affiliatelinks/Werbelinks
Hinweis: Affiliatelinks/Werbelinks
Links auf reinlesen.de sind sogenannte Affiliate-Links. Wenn du auf so einen Affiliate-Link klickst und über diesen Link einkaufst, bekommt reinlesen.de von dem betreffenden Online-Shop oder Anbieter eine Provision. Für dich verändert sich der Preis nicht.

Wits University Press img Link Publisher

Belletristik / Dramatik

Beschreibung

Hoewel hy algemeen bekend is as die Afrikaner-Kommunis wat vir Nelson Mandela van die galg gered het, is bitter min bekend oor Bram Fischer die man. Fischer was 'n gerespekteerde senior advokaat by die Johannesburgse Balie, wat gekies het om hom by die onderdruktes te skaar en wat ondergronds gegaan het om by die gewapende stryd aan te sluit. Hy is op 5 November 1965 in hegtenis geneem nadat hy vir bykans tien maande op vlug was. “Ek is dit verskuldig aan politieke gevangenes, aan die uitgewekenes, aan dié wat stilgemaak is en diegene onder huisarres om nie 'n toeskouer te bly nie, maar op te tree.” Ná Bram Fischer dié woorde uit sy verklaring voorgelees het, wat hy in die beskuldigdebank tydens sy hoogverraadverhoor gelewer het, is hy lewenslange tronkstraf opgelê. Fischer was onwrikbaar verbind tot die droom van ’n nie-rassige demokrasie, maar ook ’n humoristiese, opgewekte mens en ’n toegewyde gesinsman vir sy vrou en kinders. Die vele fasette van die merkwaardige man word weerspieel in Die Bram Fischer Wals, Harry Kalmer se liriese huldeblyk. Die bondige, maar kragtige solostuk, met die protagonis as die verteller, neem die gehoor op 'n emosionele reis soos Fischer se verhaal ontvou. Die teks word aangevul met 'n voorwoord deur adv. George Bizos, 'n inleiding deur die dramaturg waarin hy vertel oor die pad wat daartoe gelei het dat hy die drama geskryf het en 'n nawoord deur Yvonne Malan, getiteld “Die krag van morele moed”.

Kundenbewertungen

Schlagwörter

Film/Theatre